Homepage

 "soos lammers in die donker ploeter ons voort"  - @kuberklong

 

Welcome to my website. 

 

 

trollie vol bagasie

olike straatkind wat maar net hier is
jonk,skraal met 'n lyf wat al ryp is
drentel in die strate af
iewers bly ‘n hond aanhoudend blaf
bakhand vra die kind weer ‘n paar sente
die winter is verby,dank God dit raak lente
onder ‘n bos in ‘n munisipale tuin
lê hy opgekrul en ruik na goedkoop wyn
sy kleure stukkend en hare vuil
hy krap in ‘n sak en wil net huil
op ‘n vullisdrom staan ‘n sak met brood
‘n samaritaan gee dit uit nood
gee dit vir die arme bergie
die brood ruik muf maar dis nie te erg nie
in die donker en in die reën
ploeter hy voort en stoksiel alleen
waar sal hy sy lot vind
hy bly tog net ‘n arme kind
sy lewe gaan om oorlewing sonder enige inspirasie
hy het niks behalwe 'n trollie vol bagasie

- André Kriel